     
=====================================================================
Bande met ons naaste taalfamilie (AV 3:4)
=====================================================================
 
Inhoudsoorsig 	
  

Bande met ons naaste taalfamilie

Binne een maand het die Nederlandse koningin en die Vlaamse minister-president op besoek aan Suid-Afrika gekom. Daarmee saam het nuwe verdrae met di twee stamlande gevolg. Behalwe vordering in betrekkinge op die hoogste vlak kom meer konkrete samewerking op 'n verskeidenheid terreine ook op dreef: nuwe handelsprojekte, onderwyssamewerking, gemeenskapsbou-ondernemings, samewerking op kunste-, taal-, media- en kultuurgebied. 

En dan is daar natuurlik 'n toename in toerisme uit die stamlande. Dit gebeur byvoorbeeld dat sommer skielik een Sondagoggend 'n bus vol Nederlandse toeriste by 'n Afrikaanse Nagmaaldiens opdaag en dat Afrikaanstaliges en Nederlandstaliges saam Nagmaal vier, in Afrikaans. 

Die vraag is hoe hierdie nuwe, hegter bande die gewone, bre Afrikaanstalige bevolking gaan raak. In 'n tyd van swakker wordende standaarde op vele terreine kan hierdie heerlike nuwe ontginnigsmoontlikhede van taalfamilie-betrekkinge inspirerende horisonne open: in die onderwys, vir jongmense wat in die buiteland werkservaring wil opdoen, vir samewerking met suksesvolle multinasionale ondernemings met groot belange in Nederland en Vlaandere, en vir sommer rondkuier in die stamlande of by Nederlandse adresse op die Internet. 

Vir die Nederlandse en Vlaamse taalfamilie kan Suid-Afrika toenemend 'n mooi en bekostigbare toerismeland word. Akademici, handelslui en ontwikkelaars kan skemas hier help beplan en aanmoedig. Suid-Afrika met sy groot ontwikkelingsuitdagings kan beskou word as deel van 'n nuwe uitdaging ook vir die ou, gevestigde stamlande. 

Maar hoe lank gaan dit duur voordat die gewone Afrikaanstalige, tot die armste van arm Afrikaanse krotbewoners toe, besef daar is vernuwing in ons taalbande met die Nederlandse wreld? Ook hiervoor moet daar asseblief spesiaal projekte beplan en uitgevoer word: vir Afrikaanse geletterdheidsbevordering, opvoeding vir volwassenes. gemeenskapsontwikkeling deur medium van Afrikaans. Oral waar nuwe Afrikaanse ontwikkelingspore getrap word, sal dit dan beskou kan word as Afrikaanse en Nederlandse ontwikkelingspore: tot voordeel van ons waardevolle taalbande en van ook die minder bevoorregte gebruikers van Afrikaans. 

In aansluiting by Klaas Jansma   en Meindert Schroor se omvattende oorsig getiteld 10,000 Jaar Geschiedenis der Nederlanden   wil ons vanuit die Afrikaanse gemeenskap s: ook in en deur Afrikaans l daar 'n nuwe horison vir Nederlands. Dit is 'n horison di slag nie in die Europese Unie nie, maar in die interessante en uitdagende Suider-Afrika met sy nuwe moontlikhede. Dr. Karel Prinsloo,   uitvoerende direkteur van die SvA. 

Terug na bo 	  	

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av343.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) Stigting vir Afrikaans 1999 	Blaai terug | Blaai om 	
. 

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Desember 1996 /// Gooi weg die vark in die sak! (AV 3:4) /// Kinders dink nuut vir Afrikaans (AV 3:4) /// Bande met ons naaste taalfamilie (AV 3:4) /// Die demografie van Afrikaans (AV 3:4) /// Verre vriend moet gou s of hy belang stel (AV 3:4) /// Afrikaanse vordering in Pole (AV 3:4) /// Afrikaans moet ritme h vir Xhosa leerders (AV 3:4) /// Taalplan Taakgroep: hoe ver is ons nou? (AV 3:4) /// Superman van Imagery (AV 3:4) /// 